My space between.
Finale eindproduk.
'n uittreksel uit my joernaal wat deel vorm van my beplanning en my belangstelling van hip-hop en fotografie uitbeeld.
Ek het toe daarop besluit om myself uit te beeld en drie van my grootste passies. Fotografie, die natuur en hip-hop. Om my liefde vir fotografie bekend te maak sal ek myself op twee verskillende maniere uitbeeld met my kamera op twee verskillende canvasse. Die een canvas se agtergrond is wolke om my liefde vir die natuur uit te beeld maar ook omdat ek 'n dromer is, wanneer ek fotos neem met my kamera soos op die canvas uitgebeeld is ek in my eie wereld en dit simboliseer dat my kop is gereeld in die wolke. Die ander canvas het 'n spray- paint muur as agtergrond om my passie vir hip-hop uit te beeld.Ek sal akrielise verf as medium gebruik.
'n uitreksel uit my joernaal wat my medium toon asook die foto's wat ek sal gebruik. My finale idee is hier uiteen gesit.
My finale eindproduk het toe soos volg uit gekom. Dit is twee aparte canvasse maar word bymekaar gevoeg om een kunswerk te vorm.
Head in the clouds, Manesha Smit, Acrylic on Canvas, 2013