" Things are not always the way they seem..."
Vir die projek sal ons ook Mise en Scene moet gebruik, die
is basies in ‘n paar woorde opgesom net die verskillende effekte wat osn skep
met elemente soos bv. Lig om ‘n sekere ruimte of atmosfeer te skep.
Toe ons hierdie kwartaal se projek kry was ek so negatief
daaroor. Die rede is eenvoudig dat dit eerlikwaar nie vir my baie sin gemaak
het nie.
uittreksel uit my joernaal met kunstenaars en kunswerke wat my inspirer het vir die projek:Om ‘n psiologiese spasie te skep, m.a.w ‘n ruimte wat een of
ander emosie en gevoel uitbeeld. Natuurlik deur gebruik te maak van elemente
soos lig, spasie ,ruimte en perspektief. Al waaraan ek dank on dink is ‘n
gevoel van teneurdrukking of vrees soos in ‘n scary movie met ‘n stoel in ‘n
donker kamer en lig wat daarop val, dit is nie die tipe god wat my opgewonde
maak oor skilder nie en het nie ‘n kreatiewe rush by my opgewek nie.
Later het ek tot beseffing gekom dat dat mens nie jouself
moet bind nie en daar is baie gevoelens en emosies wat mens kan uitbeeld , ek
wou toe iets vat wat ‘n gevoel van afwagting skep en ‘mystery’ , iets wat lyk
soos ‘n mooi prentjie ( so sal dan helder kleure gebruik en die lig effekte
skep wat dit baie helder laat lyk) maar dan by die prentjie met lig effekte te
speel en ‘n pik swart donker deel te maak wat niemand ‘n idee het waarheen dit
gaan of lei nie.
In termee van
perspektief was ek geinspireer om iets te maak wat deur ‘n deur of raam of venster
of pilare waargeneem kan word.
Ek het op ‘n foto afgekom wat ek geneem het in Griekeland
toe ons daar op vakansie was en toe ek dit sien het ek geweet dat ek dit wil
gebruik vir die projek.
Eksperimentering in my joernaal met
Die foto lyk op die oog af soos ‘n mooi foto van griekse
trappe en ‘n muur. Maar die muur is baie oud en verwaarloos en die trappe lyk
ook baie verlate en oud. Die groen blare skep ‘n varsheid en gee ‘n nuwe gevoel
aan die prent. En die prent het gelyk soos ‘n droom om met waterverf te doen,
waterverf is byver my gunsteling medium . Maar ek was verkeerd, die projekhet
my mal gemaak omdat dit ‘n baie groot uitdaging was om dit in waterverf te
verf, dit het tenminste 3 aande se slaap van my af beroof.
Die ruimte en spasie wat ek deur my kunswerk wil skep is ‘n
gevoel van ‘mystery’ en iets wat nie eintlik is soos wat dit op die oog af
voorkom nie.
Nog 'n foto van die eindproduk
“ Things are not always the way they seem”
Die bakstene ,lig effekte en helders vars krakende kleur
blare laat dit lyk asof dit ‘n gewonde beeld is van rotse en klippe en trappe.
MAAR die trappe wat verwaarloos en oud lyk lei tot in ‘n pikswart gang\spasie ,
en on sweet nie waarheen dit lei nie. Dit kan lyk soos ‘n normale toneel maar
dit kan eintlik ook iets verskriklik wees of daai swart deel by die trappe op
kan lei na iets dodelik. Daarom word daar dan ‘n gevoel en spasie van ‘mystery’
geskep. Ek gee die perspektief ook anders deur dat dit lyk asof daar ‘n raam
vorm om die trappe en swart deel.
Ek het die projek baie geniet en was baie meer positief aan
die einde as aan die begin maar dit was virseker ‘n massiewe uitdaging.
DIE FINALE EINDPRODUK:
Hidden Mystery, Manesha Smit , waterverf
Twee meer ingezoomde geditaleerde prente waar jy trappe en bakstene kan sien.